
Ek droom van ‘n huis met houtvenster rame. Ek droom van ‘n hout stoel en tafel op die tweede verdieping voor ‘n klein venster met ‘n mooi uitsig. Ek droom van’n kombuis met ‘n marmer blad. Ek droom van vensters wat se banke groot genoeg is sodat mens ‘n kussing daarin kan plaas, en daarvoor sit en lees.
Ek droom van ‘n huis half bedek met poison ivy en ‘n lang oprit met bome aan die weerskante. Ek droom van ‘n pophuis en ‘n swaai in die tuin. Ek droom van ‘n leer wat lei na die dak aan die een kant van die huis.
Die huis is wit met ‘n groen dak.
Daar is ‘n venster in die driehoek van die dak. Dis waar die hout stoel en tafel staan, met ‘n rekenaar waar mens kan sit en jou gedagtes kan intik. Die binneversiering is meestal wit en bruin.
In die winter kan mens in die lê en sneeu engele maak in die sneeu voor die huis. In die herfs lê daar oranje en rooi herfsblare in die oprit na die huis. In die lente is die tuin vol pienk en wit bloeisels. In die somer is dit groen oral om die huis.
Mens kan sommer die pad vat en gaan fotos neem agter die huis in die veld.
Dis ‘n ou huis met ‘n groot plaas kombuis.
Die huis is nie naby die see of berge nie.
Dis die prentjie wat ek in my gedagtes het van my droom huis.
No comments:
Post a Comment