Monday, 24 January 2011

Maandag blog

Partykeer as die lewe so druk, wens ek ek was eerder kaalvoet in my kombuis. Op die oomblik is ek op ‘n kruispad in my lewe wie weet waarheen die ou lewe mens sal lei. My hart is seer omdat ek myself nie so ken nie. Ek is tog ‘n lojale mens wat dankbaar is vir elke ou ryskorreltjie in die lewe.

Dis as-of iets my jaag. Gaan wat ook al ek doen die regte ding wees? Gebeur wat nou gebeur omdat die lewe my ‘n les wil leer? Ja, ek dink so. Niemand is perfek nie. Partykeer moet mens eers klippe kou voor jy roomys eet.

Ek gaan nie meer worstel oor of ek 6 maande gelede die regte besluit geneem het of nie. Dit was die regte besluit op daardie tydstip vir my.

Miskien wil ‘n mens jouself nie met tye ken nie.

My kop sê een ding, en my hart ‘n ander.

Ek is iemand wat na my hart luister.

No comments:

Post a Comment