Daar staan sy toe tas in die hand op haar eerste skooldag. Ek het gedink ek sou dit erger vat, maar ek was heel rustig. Die kleuterskool het al die kinders goed voor berei vir groot skool.
Dit was op die derde skooldag wat ek toe bewoe raak toe sy op die rugbyveld wil gaan speel by haar maaitjies heeltemal te vêr van haar klas af (volgens my). Ek het seker 10 minute in die kar gesit en gewonder of ek moet gaan kyk of sy okay is. Wat as sy nie weer haar klas sou kry nie? Wat as iemand net instap en my kind kom vat – die skool het dan ses hekke waar enige iemand kan in loop?
Maar iets in my moes vertrou. Ek moes die motor aansluit en wegry, en my kind in die skool se bekwame hande los. ‘n Bekomerde Ma is ‘n gevaarlike ding, ‘n paranoiese Ma nog gevaarliker.
En ek besef vir die eerste keer ek moet bietjie-vir-bietjie haar hand laat gaan, sodat sy soos ‘n vlinder wegvlieg en haar eie pad tussen haar maatjies kan vind..
No comments:
Post a Comment