Friday, 28 January 2011

Eerste snoepie geld

Sy kla die ander kinders koop by die snoepie en sy het nie geld nie. Ek en my man besluit ons sal Vrydae geld skool toe stuur, maar ook nie baie nie, want sy moet eers leer om dit nie te verloor nie.

Mens het soveel vrees as dit by geld kom. Vir jou kind. Netnou vat ‘n groot kind dit, of ‘n maaitjie in haar klas as sy dit nie mooi hou nie. Hoe verstaan sy dat mens dan niks kan koop as jy nie die geld het nie? Dis ‘n nuwe verantwoordelikheid en een of ander tyd sal sy moet leer. Om skool toe te gaan vir die eerste keer het nogal baie dinge verander. Dis ‘n nuwe aanpassing vir ons almal.

Hulle moes vandag Golf hempies en denims dra. My man het vergeet om ‘n Golf hempie te koop. Hy stry dat dit op die strokie is en toe ons kyk is dit nie. Gelukkig was daar ‘n oranje T hemp in haar kas. As ouer wil mens nie hê jou kind moet uit voel nie. Ek sal more gaan kyk vir ‘n Golf hemp by die skool klere plek.

Vanoggend stuur ek haar skool toe met tien rand.

No comments:

Post a Comment