Hy kom gister kwaad by die huis. Claudia het haar skool skoene iewers uitgetrek en sy kan nie onthou waar nie. Ag liewe Vader, dink ek, dis net skool skoene. Alles wat vervangbaar is in die lewe het nie vir my waarde nie. Dis ‘n mens wat vir my kosbaar is, dis wat mens nooit kan vervang nie.
Sy wil amper huil, knyp ‘n prentjie wat sy by die skool geteken het in haar hand vas. Ek vat die papier in haar hand en ignoreer die vuur wat by sy ore uitkom. Ja, ek weet, sy sal moet leer om nie die goed so te laat rondle nie. Dis ons kind en ek kry ook seer as sy raas kry. Miskien sal sy nou weet om dit nie weer te doen nie.
Vanoggend kry ons dit netjies langs haar tafel in haar klas.
Ek los haar kaalvoet, want dit is atletiek dag.
No comments:
Post a Comment