Tuesday, 4 January 2011

Jêm en konfyt vir die nuwejaar

Dit titel vir my blog kry ek uit my kinderjare. Ons het een vakansie om die ontbyt tafel gesit toe my niggie "Jem en konfyt asseblief tannie" antwoord op my ma se vraag oor wat sy op haar brood wou hê. Ons almal het uitgebars van die lag. Vandag spot ons haar nog steeds daaroor.

Ek wou 'n oorspronklike naam vir my blog gee. Wel daar het jy dit. Ek het besluit om ook in Afrikaans te blog want my engels is party dae maar arm en dan kry ek skaam as ek myself nie in engels beter kan uitdruk nie. Dit gaan nie oor groot woorde nie, partykeer vergeet ek ek praat in die verlede tyd, partykeer raak ek so meegevoer.

Ek sal probeer om meer te blog, dit is regtig kos vir die siel. Die drie weke by die huis het my weer laat voorraad neem van my lewe. Partykeer het mens bietjie Jêm en konfyt nodig om daai dingetjie wat stukkend is heel te maak, dit plak mos of hoe?

Hoop ek en my blog(s) het nog 'n lang pad vorentoe.

Alles van die beste vir die nuwe jaar.

No comments:

Post a Comment